Gebeure hierdie week

So Sep 05 @08:00 - 09:00VM
Erediens

Verjaarsdae

No events

Ander gebeure

No events
AP Kerk Richardsbaai
Brood van Genade PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur Gert Vorster   
Saterdag, 03 April 2010 13:12

Brood van Genade

Gaan kyk
in die kruik my kind,
en bring vir my
die laaste meel,
en die bietjie olie.

Want die Man
by die deur,
is honger en dors,
en smag
na rus.

En die meel in die kruik,
en die olie in die kan,
het gebly,
en nooit
gedaan geraak.


 
Wykspanne - gaan 2010 anders wees? PDF Afdruk E-pos

Geskryf geur prof. Johan Bosman
Die Boodskapper - Desember 2009
 
'n Rukkie gelede was ek siek. Mens, ek het sleg gevoel. By die Akademie het my produktiwiteit onverklaarbaar afgeneem. In die gemeente kon ek dit nie regkry om my werk na behore te doen nie. Ek was voortdurend ook naar. Was lus om net mooi niks te doen nie. Hoewel ek voortgegaan het met al die gewone aktiwiteite, wou dit net nie regkom nie. Op die ou end moes ek ingee. Ek moes toe maar dokter toe gaan. Die dokter het bevind dat my balansorgaantjies geaffekteer was. Ek was stom verbaas. Het nie eers besef daar is so iets in my liggaam nle, dat daarmee fout kon gaan nie: wat nog te sê dat dit my totale lewenskwaliteit so kon affekteer. My verhaal laat my dink aan wat die Here ons leer oor die liggaam van Christus.


Gaan lees maar weer 1 Kor. 12 en Efes. 4. Daar leer ons dat net mooi alle lede in die liggaam inderdaad met alle ander lede van die liggaam te make het. My verhaal van die belangrikheid van balansorgaantjies help om iets te verstaan van die belangrikheid van skynbaar vergete lede van die liggaam van Christus. Wie skynbaar onbe­langrik en vanselfsprekend is, maar skielik siek word, kan maak dat die hele liggaam erg ly. Die hele kerklike lewe as liggaam van Christus kan onaangenaam raak. Jy, broeder en suster wat dalk dink dat jy onbenullig is, kan 'n GROOT verskil maak aan die lewenskwaliteit in die gemeente! Juis daarom is dit belangrik dat elke lidmaat hier aan die einde van die jaar voorraadopname sal hou oor sy/haar lidmaat-wees van die liggaam van Christus.
Lees meer...
 
Marge Lubbe PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur ds. Gerhardt Venter   
Woensdag, 23 Desember 2009 22:00

Tannie Marge Lubbe is oorlede op 20 Desember 2009 (om 00:15).

 Ons bid oom Niek en hulle kinders en kleinkinders die Here se seën en liefde toe.

'n Roudiens word gehou op 23 Desember.

 
Stiltetyd PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur ds. Gerhardt Venter   
Maandag, 30 Maart 2009 11:23

Stiltetyd

'n Baie belangrike deel van die kind van God se lewe, is sy stiltetyd. Dit is een deel waarsonder geen mens wat erns maak met sy godsdiens, kan klaarkom nie. Ook kinders wat wat lief is vir die Here moet van vroeg af in hulle lewe stiltetyd deel maak van hulle daaglikse program.

Stiltetyd... Wat is dit?

Stiltetyd kan iets anders wees as Bybelstudietyd. Wanneer jy Bybelstudie hou kan jy dit alleen doen of jy kan dit saam met ander mense doen. Met Bybelstudie kan 'n mens uit 'n boek werk, jy kan met ander daaroor gesels en baie met die Bybel doenig wees.

Stiltetyd is iets wat elke persoon alleen moet doen. Jy kan nie stiltetyd saam met jou vriend of vriendin doen nie; ook nie met jou ouers of gesin nie. Dit doen jy alleen.

Lees meer...
 

Aanteken