| Wykspanne - gaan 2010 anders wees? |
|
|
|
|
'n Rukkie gelede was ek siek. Mens, ek het sleg gevoel. By die Akademie het my produktiwiteit onverklaarbaar afgeneem. In die gemeente kon ek dit nie regkry om my werk na behore te doen nie. Ek was voortdurend ook naar. Was lus om net mooi niks te doen nie. Hoewel ek voortgegaan het met al die gewone aktiwiteite, wou dit net nie regkom nie. Op die ou end moes ek ingee. Ek moes toe maar dokter toe gaan. Die dokter het bevind dat my balansorgaantjies geaffekteer was. Ek was stom verbaas. Het nie eers besef daar is so iets in my liggaam nle, dat daarmee fout kon gaan nie: wat nog te sê dat dit my totale lewenskwaliteit so kon affekteer. My verhaal laat my dink aan wat die Here ons leer oor die liggaam van Christus. Gaan lees maar weer 1 Kor. 12 en Efes. 4. Daar leer ons dat net mooi alle lede in die liggaam inderdaad met alle ander lede van die liggaam te make het. My verhaal van die belangrikheid van balansorgaantjies help om iets te verstaan van die belangrikheid van skynbaar vergete lede van die liggaam van Christus. Wie skynbaar onbelangrik en vanselfsprekend is, maar skielik siek word, kan maak dat die hele liggaam erg ly. Die hele kerklike lewe as liggaam van Christus kan onaangenaam raak. Jy, broeder en suster wat dalk dink dat jy onbenullig is, kan 'n GROOT verskil maak aan die lewenskwaliteit in die gemeente! Juis daarom is dit belangrik dat elke lidmaat hier aan die einde van die jaar voorraadopname sal hou oor sy/haar lidmaat-wees van die liggaam van Christus.
EVALUEER EERLIK ...2009 is verby. 2010 is op hande. Hoe lyk dit?
Dit is nodig am eerlik en opreg te wees as 'n mens evalueer. Elkeen in die gemeente het 'n eie klein deeltjie van verantwoordelikheid. Die oomblik as daar fout is by die kleinste dele, kom jy dit wel agter by die liggaam as geheel, selfs al kan jy aanvanklik nie jou vinger op die probleem lê nie. Elke gemeentelid werk mos vir die gesonde uitlewing van die Here se gawes in en deur gelowiges (vgl. HK Son 12 en 21). En die besondere ampte? Wat is nou weer dit wat ons nodig het om te doen? Ons doen wat die hele gemeente doen. Soos die hele gemeente leef ons op die basis van die Woord en gebed. Tog doen ons in die besonder spesifiek die volgende:
LESSE VAN 'N OUJAAR ...
Dit kan tog nie God se verhaal wees wat op so 'n manier uitkom in die verhale wat ons aan mekaar en oor mekaar vertel nie! Ouderlinge en predikante, leer tog nou van 2009. Leef anders in 2010. Kom by die hoofde en harte van jou wyksmense uit met God se meesterverhaal, God se ware verbondsdrama! Bedien die evangelieverhaal sodat dit ons verhale in gemeentes mag omkeer. Diakens en wyksleidsters, leer van 2009. Leef anders in 2010. Sit jou wyksmense se hande en voete aan die gang in lyn met die blye evangelieverhaal van wat God in ons geskiedenis kom doen het! MOED VIR 'N NUWE JAAR ...Laat God se verbondsdrama van hoop en bevryding deurklink in die stories wat ons aan mekaar en oor mekaar vertel. God het mos elkeen in die gemeente 'n plek gegee "soos Hy gewil het" (1 Kor. 12:18), "almal van een Gees deurdronge" (v. 13), as "liggaam van Christus en lede afsonderlik" (v. 27). Hy doen dit "sod at daar geen verdeeldheid ... mag wees nle. maar ... gelyke sorg vir mekaar" (v. 25), "met die oog op die beste gawes geloof, hoop en liefde", waarvan die grootste is: "liefde" (13:13). Ons slult 2009 af met ons asemrowende God. Dis met Hom wat ons 2010 mag begin, vol moed en durf. Gemeentes wat hulle bestaan grond in God se verhaal en daaruit leef, sal self aangrypende verhale oor hul gemeentewees kan vertel. Mag die gemeentes van Christus in die AP kerkverband, sulke verhale in 2010 vertel.
|
||||||||||||||||||||||||||||



