Gebeure hierdie week

So Sep 05 @08:00 - 09:00VM
Erediens

Verjaarsdae

No events

Ander gebeure

No events
Stiltetyd PDF Afdruk E-pos
Geskryf deur ds. Gerhardt Venter   
Maandag, 30 Maart 2009 11:23

Stiltetyd

'n Baie belangrike deel van die kind van God se lewe, is sy stiltetyd. Dit is een deel waarsonder geen mens wat erns maak met sy godsdiens, kan klaarkom nie. Ook kinders wat wat lief is vir die Here moet van vroeg af in hulle lewe stiltetyd deel maak van hulle daaglikse program.

Stiltetyd... Wat is dit?

Stiltetyd kan iets anders wees as Bybelstudietyd. Wanneer jy Bybelstudie hou kan jy dit alleen doen of jy kan dit saam met ander mense doen. Met Bybelstudie kan 'n mens uit 'n boek werk, jy kan met ander daaroor gesels en baie met die Bybel doenig wees.

Stiltetyd is iets wat elke persoon alleen moet doen. Jy kan nie stiltetyd saam met jou vriend of vriendin doen nie; ook nie met jou ouers of gesin nie. Dit doen jy alleen.

Om jou besig te hou met stiltetyd, is om meer en meer bewus te raak van die wonderlike liefde en genade van God. Hierdie is 'n geleentheid vir jou om jou verhouding met die Here te versterk en meer tyd saam met God deur te bring.

Stiltetyd gebruik jy om, saam met jou Bybellees, te bid, met God te praat , jou hartsgeheime, probleme, blydskap en alles wat jy graag met Hom wil deel, voor sy voete te kom lê. Natuurlik weet Hy al klaar van alles wat in jou hart en lewe aangaan, maar nog steeds wil Hy hê dat jy bewustelik daarmee na Hom sal Gaan. (Matt 11 : 28).

En dit is wat stiltetyd is: dit is tyd wat ek afsonder om met God te kommunikeer en waar ek bewus raak van wat sy plan vir my lewe is.

Kry 'n stil tyd

Stiltetyd kan jy nie hou as dit lawaaierig of raserig in die huis is as die ander mense in die huis televisie kyk, radio luister of tv-speletjies speel nie. Vroeg in die oggende is daar nog nie baie lawaai nie. In die meeste huise is daar ook nie baie telefoonoproepe so vroeg in die oggend nie. Die Here Jesus het vroeg uitgegaan om met sy Vader te kommunikeer.

Ds Nico Swart. In: Die Jeugboodskapper, Junie 2005, bl 4

 

Aanteken